Tuesday, June 3, 2008

Eerste 3 Maande

Ja dit is nou ook al amper 3 maande wat ons in Australia is. Hier gaan dit goed met almal van ons. Die kinders pas verbasend goed aan nou dat ons eers hier is maar verlang tog nog baie na hul vriende.


Die Kinders is na 2 ½ maande uit eindelik in die skool. Hier werk alles maar teen 'No Worries, mate...' tyd. Die kinders is almal in een skool - Sutherland Shire Cristian School. Die skool bestaan uit +- 750 kinders van jaar 0 tot matriek. Soos gesien kan word as mens na hulle uniforms gekyk word - kan mens sien hulle is al drie in een skool maar 3 verskillende jaar groepe. Dawie in "Primary", So-Mari in "Middle school" en Jakkie in "Senior School". O ja en hulle is darem almal aanvaar vir die selfde jaar/graad as wat hulle in SA was. Jakkie se Matriek/Jaar 12 begin teen begin Oktober 2008, dus het sy 'n klein huisie werk om nog eers in te haal. Daar is ongeveer 2 klasse per jaar(graad) in die skool. Die kinders en onderwysers kom baie vriendelik voor en soos Jakkie die uitdruk - "... en nie een van die onnies skree op mens ..."

In Suid Afrika is ons eintlik baie bevoorreg om die meerderheid mense christene te wees, hier is dit om 'n christen te wees 'n uitsondering op die reel. In die publieke skole wat regtig ook nie sleg is nie, word daar wel 'n godsdiens periode ingewerk, maar dit vertel eintlik net die kinders watter gelowe daar is en wat elkeen behels. As ons in SA gedink het ons is 'n reenboog nasie, hier is eintlik 'n reenboog nasie. Hier is absoluut iets van alle soorte nasies. Die verskil is net dat hier respekteer almal alles van almal - Van sy 'looks' tot sy godsdiens. (In elke geval as jy dit nie doen nie - daar is baie wette wat daarvoor 'cover). Die grootste meederheid mense hier is maar katolieke, maw is hier ook baie katolieke skole. En kyk hier is Skole vir Afrika - elke hoek en draai dan is daar 'n skool. Skole hier het omtrent almal hulle eie tye wat hulle begin en ook uitkom. Een vroutjie wat ek hier ken se seuntjie se skool begin eers 09:30 en kom eers 15:30 uit. Die skool waarin die kinders is begin eers 08:20 en kom so ongeveer 14:20 uit. Ons skool het ook busse wat die kinders in die oggende oplaai en weer in die middag kom aflaai - wat vir my 'n absolute bonus is. Ons bly so ongeveer 7.5 km van die skool af (Kinders kry 'n buspas by die skool en busritte is dus gratis. )

Ons was van die begin af baie bevoorreg om byna dadelik 'n ondersteunings groepie mense te he om ons tou wys te maak. Eers het ons Dawie se werksmense gehad waaronder daar 2 ou suid afrikaners (alhoewel engelse afrikaners)was, in ‘n japtrap ook by die het ons Afrikaans sprekende suid afrikaners se netwerk ingeskakel. Die vroutjie by ontvangs van die skool het ons name aan 'n ander suid afrikaanse vrou gegee wat moedertjie hier oor ons suid afrikaners speel en sy het ons ingetrek na die Afrikaanse kerk dienste en sodoende leer mens elke dag nuwe of ou Suid afrikaners ken. En dit moet ek se - vir ons Suid afrikaners wat glad nie so patrioties in Suid Afrika is nie, hier is mens skielik baie Patrioties en ruik mede Suid afrikaners binne 'n honderd see myl uit. Sydney is 'n baie groot plek. Die suid afrikaners hier is hoofsaaklik in twee dele van Sydney gevestig. Dit is of in die Noordelik deel, wat hoofsaaklik uit St. Yves, Castle Hill, Cherry brook ens bestaan, of uit die Suidelike deel wat dan die Sutherland shire area - Miranda, Cronulla, Sutherland, Menai ens behels. Ons bly in die Sutherland Shire area in die Illawong woonbuurte. Dit is nog 'n redelike nuwerige deel met die gevolg huise hier is baie meer modern en is dit meer wat ons gewoond was in Suid Afrika.


En tog is die huise se erwe hier van piep klein tot baie na aan geen erwe. Maar dan moet ek ook by se dat hier is dit baie baie werk om 'n groot huis en erf te he - Niemand behalwe jy self moet dit bewerk, skoon en netjies hou nie.

Hier is ook vreeslik baie entertainment vir almal. Groot binne huise Swembaddens en vermaak is oral beskikbaar dws as jy nou nie lus het om in die see te gaan swem nie. Hier is so baie plekke om te besoek en dinge om doen - iemand het eendag vir my gese ... in Australia is daar soveel om te doen, dat mens nie sommer in jou leeftyd alles gedoen sal kan kry nie... Dit laat mens nogal dink ne. Hier is dan ook die mooiste natuur. Nou kyk Sydney is 'n GROOT stad, maar ten spyte daarvan is hier soveel natuur dat mens nie kan glo dat natuur en stad saam kan loop nie. Hier is miljoene bome, veral die gumtree's - bloekom bome soos ons dit ken - daar is blykbaar oor die 500 verskillende soorte van hulle.

Ek is seker Sydney is eintlik in 'n bos gebou... lol. Voetpaadjies en fiets paadjies is oral beskikbaar. Mense is ongelooflik gesondheids bewus en oral is daar altyd iemand wat iewers heen stap. Daar is ook die mooiste voels wat vrylik hier rond vlieg.


Ons het die oulikste paar rainbow lorrekiete wat elke dag kom soebat vir nat brood.


Dan is daar die groot wit cockatoo's wat die wereld vol is. In die begin wil mens hulle ook voer, maar ons is gelukkig gou gewaarsku, dat indien jy eers begin om hulle te voer, hulle baie gou 'n groot verpesting word en jou meer skade as goed doen. Vriende van ons het hulle die hout dek buite kant begin stukkend vreet, hulle skeur die vensters se gaas, vreet jou wasgoed pennetjies en kou aan alles wat hulle in die hande kan kry. Nou ja dit wil mens ook nie altyd he nie - dus moet hulle maar net mooi van ver af wees, en moet ons maar luister na hulle geraas - en dit kan hulle goed doen. Eksotiese voeltjies kom hier allerdaags voor. Ek het nog net een tortelduifie gesien soos die wat ons ken - hulle het ook 'n tipe duifie hier wat lyk of hy 'n elvis kuifie op die kop het.

Publieke vervoer hier is regtig van die boonste gehalte - al moet ek erken en het nog net trein en ferries gery, en het nog nie die rots van bus ry geklim nie. Dit is wel op my lysie van dinge wat ek nog moet doen, sal dit seker ook eerdaags waag. Ons is ten opsigte van die vervoer baie bevoorreg om 2 voertuie te he. Iets wat nie hier algemeen gesien word nie. Maar as dit nie was dat Dawie sy Rooi skedonk so te se verniet gekry het by een van die Engelse Suid Afrikaners wat saam hom werk het - het ons ook net een ryding gehad. Die Rooi karretjie is regtig nie so sleg nie, al bietjie oud maar is darem lig op brandstof en werk goed vir die doel om werk toe en terug te ry. Die idee is om later die rooi skedonkie vir Jakkie beskikbaar te maak om mee te ry. Ja en dan is ons nuwe bestuur lisensies natuurlik 'n ook 'n nuwe uitdaging. Ons is geregtig om met ons SA bestuurslisensie te ry die eerste 3 maande, daarna moet mens 'n Australianse lisensie kry. Jakkie kan natuurlik ook nie haar leerlinglisensie kry alvorens ons ook ons nuwe lisensies het nie. Daar moet altyd iemand met 'n australianse lisensie saam haar ry.









Dawie se Rooi skedonkie voor ons huisie
























Die View uit Jakkie se kamer venster.








Ons het ook al 'n paar interesante oomblikke beleef met die nuwe verkeers reels en nuwe padreels. Ek het bv al in vir die heeldag geparkeer op ‘n 1 uur parkering, sonder om te weet waar voor die “1P” staan. Gelukkig het ek ‘n engeltjie wat oor my waak, want ek het gelukkig geen boete gekry nie. Die eerste keer wat ek die self help petrol pompe moes gebruik was ook ‘n groot disaster. Ek weet nie wat ek aangevang het nie, maar toe ek weer sien, staan ek en stort in die petrol. LOL Ek het gewens ek kon verdamp saam met die petrol, maar moes ewe bedees asof niks fout was gaan betaal. O ja en dan moet mens ook nie vergeet rondom elke skool is daar 'n spoed beperking gedurende oggende en middage vir ongeveer 'n 1 en ‘n 1/2 uur periode wat mens slegs 40 km/h kan ry. Die algemene spoed grens hier is soms 50km/h soms 60km/h en as jy vinnig ry 80km/h. Die slag as jy die langpad aanvat en 100 of 110 km/h moet ry voel dit asof alles net te vinnig gebeur!

No comments: